Welkom by die Reunie – Kom vertel jou storie.

8 – 10 Julie 2016

Dié goeie ou dae van studentwees in Eendrag; waar jou grootste sorg was vir wie om dans toe te vra, of watter klas vandag mis te loop om sodoende bietjie lewenservaring óok op te doen – dit wat jou dosente doodeenvoudig net nié vir jou kan bied nie.

Waar die wêreld se sake oor ‘n soete tee onder die jakarandas opgelos kon word, en waar voornemende sakeleiers net af in die gang sit en swot het. Die literêre reuse wat geskryf het vir die Vires, of sportmanne wat vir Helshoogte les laat opsê het met Sauer-rugby op ‘n Vrydagmiddag. Al hierdie dra by tot Die Huis aan die bopunt van Merrimanlaan se geskiedkundige erfenis.

 

 

325474_10150443587411703_320274330_oEendrag is al vir 55 jaar besig om die wêreld te verander, en met elke jaargroep wat uittree, verwelkom ons die volgende generasie innoveerders en pioniere. Ons nooi u uit om u storie te kom vertel, of net om uit te vind wat van jou kamermaat geword het.

Eendrag bied u die geleentheid aan om vir nog één naweek ‘n student te wees, saam te kuier, en weer ou vriende te herontmoet.

The tradition of writing your name, degree and year of study in your cupboard at the end of your stay at Eendrag stretches back 55 years ago: the start of Eendrag. Some would surmise that it serves as prima facie proof that you once lived in The House at the top of Merriman Avenue, but we believe that Eendragters will always be known to others.

It is in the way we act, our value systems, our manner of doing things in a distinctly Eendrag manner. Eendrag has nurtured generations of residents that have been altering society for the better – for nigh on 55 years, Eendrag has been the leading force in this regard.

It is only necessary to look back in the cupboards, and see the testament to this. We invite you to attend this year’s reunion and see for yourself what has been achieved over the past half-century.

Become a student again for one weekend, and see what Eendrag has been up to.